Kokoriba: ʼn paradys vir kampeerliefhebbers

Is jy versot op die buitelewe en altyd op soek na jou karavaan of tent se volgende staanplek? Dan behoort Kokoriba Wildreservaat beslis boaan jou lys te wees. Hierdie Noordwes-vakansieoord bied ʼn regte bosveld-avontuur – nader, meer bekostigbaar en met uitstekende kampeergeriewe.

Kampgeriewe

Kokoriba beskik oor12 ruim staanplekke,elk met elektrisiteitstoevoer. Daar is baie natuurlike skaduwee, skoon en ruim ablusieblokke, asook alles wat ʼn mens nodig het vir ʼn gerieflike kampeer-ervaring. Die kampeerterrein is doelbewus ingerig om voldoende privaatheid vir kampeerders te verseker – die ideale oplossing vir enigiemand wat moeg is vir oorvol, beknopte en raserige kampeerterreine.

Daar is uiteraard ook genoeg ruimte vir motorvoertuie. Of jy nou met ʼn gesinskaravaan arriveer of net met ʼn tent reis, hierdie kampeerterrein is prakties ontwerp met gerief in gedagte, sonder om die natuurlike bosveld-atmosfeer prys te gee. Kyk hier na die uitleg van die kampeerterrein.

Skoon en netjiese ablusieblokke

Gesoute kampeerders weet: die toestand van ablusieblokke kan ʼn kampeerervaring maak of breek. Kokoriba spog met skoon, netjiese en goed onderhoude ablusieblokke, toegerus met warm en koue water, opwasgeriewe en voldoende fasiliteite om gerief te verseker – selfs tydens die besige seisoene.

Hierdie aandag aan detail dra by tot ʼn gemaklike ruskans en sorg dat jy jaar ná jaar wil terugkeer na jou betroubare kampplek in die Noordwes.

ʼn Bosveldvuur onder die sterre

Wanneer die son ondergaan en die bosveld nóg stiller raak, tree Kokoriba se ware bekoring na vore. As jy mal is oor die atmosfeer van ʼn knetterende bosveldvuur, smullekker potjiekos wat stadig oor die kole prut en die geselskap van jou geliefdes onder ʼn hemelruim van sterre, hoef jy nie verder te soek nie.

Die bosveldstilte, die geluide van nagdiere en die wind wat saggies teen jou tentdeur wapper terwyl jy sorgeloos aan die slaap raak – wat meer wil ʼn kampeerder hê?

Of jy nou ʼn onervare kampeerder is wat net ʼn rustige naweek in ʼn tent wil deurbring, of ʼn gesin van ervare kampeerliefhebbers wat die hele skoolvakansie lank wil kampeerder, Kokoriba is ʼn móét!

As jy reg is vir ʼn onvergeetlike bosveldvakansie, bespreek jou plek hier!

Vir navrae of besprekings, skakel gerus 012 277 1204 of stuur ʼn e-pos na reservations@kokoriba.co.za.

Ander bosveldnuus & gebeure

December 11, 2025

Kokoriba Wildreservaat – die perfekte wildkykervaring

Is jy op soek na ʼn egte Bosveldwegbreek naby die stad? Kokoriba Wildreservaat bied die ideale wildkykervaring, skaars wildsoorte, meer as 300 voëlspesies en netjiese verblyf slegs 120 km van Pretoria af. Ontsnap uit die stad se gewoel en ervaar die Bosveld hier om die draai van Pretoria! Lees hier meer.
December 11, 2025

Kokoriba: ʼn paradys vir kampeerliefhebbers

Is jy versot op die buitelewe en altyd op soek na jou karavaan of tent se volgende staanplek? Dan behoort Kokoriba Wildreservaat beslis boaan jou lys te wees. Hierdie Noordwes-vakansieoord bied ʼn regte bosveld-avontuur – nader, meer bekostigbaar en met uitstekende kampeergeriewe.
December 11, 2025

Hoekom Kokoriba die beste bosveldwegbreek is!

Is jy moeg vir die stad se geraas, maar nie lus om ure en ure na jou bestemming toe te ry nie? By Kokoriba Wildreservaat kan jy en jou gesin die heerlike bosveldlug en die natuurskoon geniet sonder om ʼn arm en ʼn been te betaal…