Is jy moeg vir die stad se geraas, maar nie lus om ure en ure na jou bestemming toe te ry nie? By Kokoriba Wildreservaat kan jy en jou gesin die heerlike bosveldlug en die natuurskoon geniet sonder om ʼn arm en ʼn been te betaal… of duisende rande op brandstof te spandeer.
Hierdie ontspanne vakansieoord in die hartjie van die Noordwes bied die ideale ontsnapping vir die hele gesin. Hier kan jy en jou gade kwaliteittyd saam geniet terwyl die kinders hulleself besig hou met al die aktiwiteite en geriewe wat die oord bied.
Met gerieflike selfsorg-chalets, hope oop ruimte vir buite-speel en aktiwiteite wat seker maak dat die kinders aan die einde van die dag moeggespeel is, bied Kokoriba die ideale gesinsvakansie vir ouers wat waarde vir hul geld wil hê.
Hope waterpret en kindervriendelike aktiwiteite
Wanneer dit by kindervriendelike aktiwiteite kom, hoef jy nie verder te soek nie. Kokoriba beskik oor drie swembaddens – twee koel swembaddens vir warm somersdae met glyplanke wat jou kinders sal laat skaterlag van genot, asook ʼn verhitte binnenshuise swembad vir luilekker aande met ʼn skemerkelkie in die hand. Maak nie saak wat die weer is nie – jy én jou kinders kan hier pret hê.
By Kokoriba sal jou kinders beslis nie kla dat hulle verveeld is nie. Kinders kan mekaar uitdaag in minigholf, potspel, tafeltennis of pylgooi, of hul energie uitspook by die speelareas terwyl ouers rustig kuier. En dan kan die hele gesin natuurlik ook ʼn voertuig of gholfkarretjie huur om te gaan wildkyk – of net lekker in die bos gaan stap. Die perfekte gesinsvakansie vir begrotingsbewuste ouers.
Naby Pretoria en Johannesburg
Mis jy die bosveld, maar die wildtuin is net te vêr? Kokoriba is minder as 100 km van Pretoria af – jou bekostigbare bosveldwegbreek is op jou voorstoep! Minder as twee ure se ry en jy kan begin om jou vakansie te geniet. Jy hoef nie duisende rande op brandstof te spandeer om ʼn egte Noordwes-bosveldvakansie te kan geniet nie.
Waarom Kokoriba ideaal is vir jóú gesin
Of jou gesin avontuurlustige kampeerders is, of eerder ʼn gerieflike chalet met lugverkoeling verkies – Kokoriba het die oplossing. Kom geniet die wildlewe, ontspan en spandeer kwaliteittyd saam met jou gesin. ʼn Vakansie hoef nie duur te wees om onvergeetlik te wees nie!
As jy reg is vir ʼn onvergeetlike bosveldvakansie, bespreek jou plek hier!
Vir enige navrae of om te bespreek, skakel gerus 012 277 1204 of stuur ʼn e-pos na reservations@kokoriba.co.za.