Deur Kyla-Ann du Toit
As jy droom van ʼn naweekwegbreek naby Pretoria waar jy binne ʼn paar uur uit die stad se gedruis kan ontsnap en weer asem kan skep, is Kokoriba Wildreservaat die ideale keuse. Hierdie rustige bosveldoord bied die perfekte wegbreek vir stadsjapies wat nie ver wil ry nie, maar steeds behoorlik wil afskakel.
Kokoriba is slegs 120 km van Pretoria en 38 km van Brits geleë – naby genoeg vir ʼn vinnige naweekwegbreek, maar ver genoeg om die stad se gejaag agter te laat.
ʼn Vinnige bosveldwegbreek sonder lang reistye
Een van die grootste voordele van Kokoriba is hoe maklik dit is om daar uit te kom. Geen ure lange ryery of baie beplanning nie; pak net jou tas, klim in die kar en verruil binne ʼn kort tyd die stad se verkeer en liggies vir bosveldstilte en vars lug.
Hierdie vinnige bosveldvakansie maak Kokoriba ideaal vir paartjies en gesinne wat hul naweke ten volle wil benut, eerder as om dit op die pad deur te bring.
By Kokoriba gaan ontspanning hand aan hand met gerief. Ná ʼn week van besige skedules en rondjaag is dit ʼn luukse om nie ver te ry nie en dadelik te kan ontspan. Die restaurant op die terrein dra verder by tot die gerief, aangesien jy nie maaltye hoef te beplan of self kos te maak nie. Geniet eerder ʼn rustige ete terwyl jy die natuurskoon inneem.
Vir baie stadsjapies is dit juis hierdie kombinasie van ontspanning in die natuur en praktiese geriewe wat ʼn naweek werklik soos ʼn vakansie laat voel.
Die perfekte akkommodasie vir paartjies
Vir paartjies wat op soek is na ʼn romantiese en rustige wegbreek, bied Kokoriba se Sable-eenhede die ideale verblyf. Hierdie stylvolle, privaat selfsorgeenhede is ontwerp vir gemak – perfek vir twee mense wat tyd saam wil deurbring en van die stad se gewoel wil ontsnap.
As ʼn selfsorg-opsie naby Brits bied die Sable-eenhede die beste van beide wêrelde: die vryheid van selfsorg, met die bonus van ʼn restaurant, swembaddens, ʼn spa en verskeie ander geriewe net ʼn entjie van jou verblyf af.
Waarom is Kokoriba ideaal vir ʼn naweek uit die stad?
Kokoriba is die soort plek waar tyd stadiger beweeg. Of jy nou langs die swembad ontspan, rustig deur die natuur stap of net op jou stoep sit en na die bosveld luister, hier kry jy werklik kans om te rus en te herlaai.
Vir stadsjapies wat op soek is na ʼn naweekwegbreek naby Pretoria en werklik wil ontspan, bied Kokoriba alles wat jy nodig het. Bespreek vandag nog jou volgende bosveldvakansie en ontdek hoe maklik dit is om naby, maar tog ver genoeg van die stad af, te ontspan.
Klik hier vir meer inligting.