Ontsnap uit die stad: Kokoriba bied die ideale naweekwegbreek

As jy droom van ʼn naweekwegbreek naby Pretoria waar jy binne ʼn paar uur uit die stad se gedruis kan ontsnap en weer asem kan skep, is Kokoriba Wildreservaat die ideale keuse. Hierdie rustige bosveldoord bied die perfekte wegbreek vir stadsjapies wat nie ver wil ry nie, maar steeds behoorlik wil afskakel.
Kokoriba: ʼn paradys vir kampeerliefhebbers

Is jy versot op die buitelewe en altyd op soek na jou karavaan of tent se volgende staanplek? Dan behoort Kokoriba Wildreservaat beslis boaan jou lys te wees. Hierdie Noordwes-vakansieoord bied ʼn regte bosveld-avontuur – nader, meer bekostigbaar en met uitstekende kampeergeriewe.